Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Kommandant J.C Lötter.

 

Kommandant J.C. Lötter.

Die meeste van die kommando onder kommandant J.C. Lötter was jonger as 30. Een was 'n seun van 14, Löttter self slegs 26. Niemand onder 19 het gesneuwel nie, want hulle het die kinders in die hoek van die kraal laat skuil toe die hel losbars.

For King and Empire. Hier op die genadelose Afrika landskap, duisende kilometers van king en empire af.

Die gewondes aan Boere kant op dié yskoue, nat dag het 43 getel. Daar is op 'n afstand van 13 tree op mekaar geskiet. Volgens die Britte ``. . . the scene inside the shed was horrible in the extreme and the place swimming in blood''.

Vroegoggend al staan ons en kyk hoe 'n groep van sowat 20 perderuiters oor die bergkruin afgery kom hier na die klipkraal waar die Boere onverhoeds betrap is en die hel losgebars het. Jy kan jou goed voorstel hoe dit moet gewees het om 'n eeu gelede te perd hier af te ry. Die terrein is steeds ru, moeilik begaanbaar.

Sowat 80 volwassenes en talle kinders het opgedaag vir die geleentheid wat deur Pearston se N.G. Kerk gereel is: die Bibliathon insameling word gekombineer met 'n huldeblyk aan die soldate en krygers aan albei kante wat honderd jaar gelede hier gesneuwel het.

Kaapse rebelle wat ten tyde van die oorlog as krygsgevangenes teenstrydig met die Volkerereg deur die Britse militęre doodgeskiet is, is J. C. Lötter op 15 Januarie 1875 op Bouwersfontein, distrik Somerset-Oos, gebore.

Sy lewe was woelig hy het baie van rondreis gehou en het 'n tyd lank in die Vrystaat gewoon. Hy het na die Kaap Kolonie teruggekeer en was 'n paar jaar, tot kort voor die oorlog, betrokke by 'n handelsonderneming op Noupoort.

In November 1899 het hy van Middelburg na Colesberg gegaan waar hy hom by Boere-kommando's aangesluit.

Tussen Bloemfontein en Kroonstad is hy in 'n skermutseling gewond. Daarna was hy rapportryer vir die Boere-kommando's. Hy is deur die Engelse gevange geneem en na Bloemfontein gestuur. Vier dae later het hy ontsnap, nog in besit van sy rapport. Hy het in rang vinnig van gewone burger na kommandant gevorder.

Een reënerige winternag is hy en sy kommando in die distrik Graaff- Reinet in 'n skuur, waarin hulle skuiling teen die koue gesoek het, deur Britse soldate omsingel. Ná 'n kort maar hewige geveg teen 'n oormag was die Boere genoodsaak om oor te gee.

Lötter is in die kop gewond en na Graaff-Reinet geneem, waar hy in die gevangenis geplaas, voor 'n krygsraad gebring en later na Mid delburg geneem en ter dood veroordeel is.

Op 10 Oktober is briefies aan sekere klasse van die bevolking rondgestuur om tussen elf- en twaalfuur op die 11de op die mark teenwoordig te wees om daar die vonnisse van die rebelle aan te hoor.

Lötter is na die markplein gebring. Angstig het 'n skare vriende daar gewag, maar was, helaas, nie in staat om enigiets te doen nie. Hulle het die ergste verwag, want doodvonnisse het iets algemeens geword, maar daaraan gewoond word kon 'n mens nie.

Die vonnis is gevel, Lötter is ter dood veroordeel. Sy swak gestel, of soos hy later gesę het ``honger'', was die oorsaak dat hy dit nie kon aanhoor nie hy het flou geval. Toe hy teruggebring is na die gevangenis het 'n vriendin aansoek gedoen om hom te besoek; dis haar gegun.

Sy vertel: ``Ek het gegaan om hom te sien met die hoop om hom te vertroos. 'n Vriend het saam met my gegaan. Ons moes deur 'n gewapende massa Kakies wat met gevelde bajonette die straat bewaak het, gaan. Ons het eers na die kantoor van die sipier gegaan waarvandaan ons begelei is deur 'n wag. Ons het deur die stil, koue gange gegaan; swaar, dik deure is ontsluit en gesluit.

``Eindelik het ons die sel van kommandant Lötter binnegetree. Daar het ons nie 'n deur wanhoop kranksinnige man gekry nie; nee, ons het 'n jongman, kalm en gelate, afgetrokke van die aardse dinge, op die bed gekry lę.

``Hy het ons gevra om by hom te sit en hy was baie bly om ons te sien. Hy het Ben gevra om te rook en wou eers self nie rook nie, maar het meteens gesę: `Ja, broer, dit sal ons laaste rook wees!`

``Voor hy begin rook het, het hy gesę: `Mej. N., met jou toestemming.' Ek het met die kop geknik, want woorde het ek nie gehad nie.

``Toe hy my droefheid opgemerk het, het hy gesę: `Ag nee, mej. N., moet tog nie so oor my treur nie, moenie huil nie. Ek is bereid om te gaan, dis Gods wil. Een ding is ek spyt van en dit is dat ek nie die vrug van my arbeid sal sien nie, dat vrede en ek mekaar nie hier sal ontmoet nie. Vrede vir my siel. O ja, dié het ek, maar my lands-, my volksvrede is vir my verborge.'

``Hy het my 'n uitknipsel uit Reynolds gegee. Dit het iets omtrent die moontlikheid van vrede bevat. Laat my toe om te vertel hoe ek sy sel gevind het. Alles wat die hart kon begeer, was daar wat eetware betref. Sodawater, lemoene, sigare, ja, alles. Maar wie het lus om te eet onder sulke omstandighede? Dit was nou te laat.

``Ek het hom toe twee dagboekies, Daily Light, gegee. Die teks vir 11 Oktober was Ps. 22: 12: Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

`Ja!' het hy gesę, `as God nie my Helper was nie, was ek verlore.'

``Hy het my gevra om ook die teks vir 12 Oktober te lees. Dit was Mattheus 24: 44: Daarom moet julle ook gereed wees. `Ek is,' het hy gesę. `O! ek is so bly, as ek aan die ewigheid wat vir my wag, dink, nie vir jare nie maar slegs oor 'n paar uur môre as die son opkom, sal my grote son ook in die gesig kom. Suster, laat my toe om te sę dat jy nie 'n Afrikaner kan bly as jy nie eers 'n kind van God is nie, want hulle sal probeer om jou te verlei, hulle sal baie omkoop en dis dan wanneer God as Vader sal moet help.'

``Toe dit haas tyd geword het om te gaan, wou hy my iets gee as 'n aandenking maar daar hy niks gehad het nie, het hy my 'n haarlokkie gegee wat ons met 'n knipmes afgesny het. `Alles, alles is nou gereed,' het hy gesę. `Nog net een ding ontbreek en dit is, ek sou so graag al my vriende wou groet voordat ek heengaan.'

``Hy het my hartlik gesoen en gesę: `Mag God met jou wees tot ons mekaar weer ontmoet.'

``Ek het hom gevra of dit nie 'n bewys was van Gods ontevredenheid dat hy en sy manskappe nou almal in hierdie haglike toestand verkeer nie. `O nee!' het hy gesę, `ek het nooit berou gehad oor die stap wat ek geneem het nie, dis 'n regverdige saak voor God en ek is daartoe geroep.'

``Het jy dan nie die doodvonnis verwag nie? Jou flouval op die mark het my so laat dink.''

``O ja; maar moenie vergeet nie, ek het behoefte aan liggaamskrag gehad, hulle het my bitter laat verhonger en nog daarby aan 'n hartkwaal lydende, was die dood te groot om aan te dink. En my dierbare moeder het voor my gees gekom Ag! ek voel vir haar.'

``Jul tyd is verstreke,' het dit van die deur geklink. Ons het weggegaan met die woorde: `God sy met julle' nog in ons ore.''

Di. Postma en Le Clus het ook verlof gekry om hom te kom besoek en te vergesel tot by sy graf. Die doodvonnis is voltrek buite die dorp op die gewone manier, op 'n stoel vasgebind en deur 'n aantal soldate doodgeskiet. Hy was moedig en onderworpe aan sy lot by sy graf. Die dood was oombliklik. Laaste brief

Kommandant Lötter se laaste brief, geskryf te Middelburg op 11 Oktober 1901, lui soos volg: ``Geliefde Moeder, Vader, Broers en Susters, Hiermee wil ek aan u bekend maak dat ek tot die dood gevonnis is. Wees getroos, Moeder, Vader, Broers en Susters. Die Here het gesę dat nie 'n enkele haartjie van ons koppe sal val sonder sy wil nie. Ek is heeltemal tevrede om my Heer te ontmoet. Wees deur my gegroet; nie vir ewig nie, want ons sal mekaar weer in die hiernamaals ontmoet.''

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte