Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Kommandant Barend Cilliers.

 

Selfs 'n af-arm kon Cilliers nie onderkry en staan nŠ die oorlog op moord aanklag tereg.

Kommandant Barend Cilliers, krygsman in die omgewing van Kroonstad en Vredefort in die Anglo-Boereoorlog. Hy het bekend gestaan as die af-arm-kommandant nadat die Engelse sy skouer afgeskiet het.

Barend Cilliers (1866-1947), wat in die rebellie deur die rebelle die af-arm kommandant genoem is, het in die Anglo-Boereoorlog as gewone burger geveg onder Kroonstad se kommandant, Chrisjan Nel.

Hy het die avonture van die kommando in Natal beleef, is na Sannaspos as veldkornet en nadat die kommando's gebiedsgebonde geraak het, het hy kommandant by die Onder-Vals se afdeling geword.

In die oorlogsherinneringe van veldkornet Lucas Serfontein kom sy naam telkens voor: Dit is hy wat saam met kmdt. De Vos die burgers deurgehelp het deur die Oranjerivier in vloed met die terugkom van genl. C.R. de Wet uit die Kaapkolonie

By Sprinkaansnek aan die begin van 1901 waar De Wet in 'n lokval gelei is, was dit Barend Cilliers wat skree: ``Wie my liefhet, volg my''.

'n Rol wat Barend Cilliers ongetwyfeld gespeel het en wat nooit geboekstaaf is nie, is toe De Wet en sy mag met die Vrystaatse president uit die Brandwaterkom in die Oos-Vrystaat deurgebreek het en al vegtende noordwes gejaag het.

Later was daar volgens historici 50 000 soldate, gelei deur omtrent enige denkbare aanvoerder van Kitchener tot Buller en Methuen, om hulle oos van die spoorlyn teen die Vaalrivier vas te druk.

Dit is bekend dat De Wet met sy hele kommando, waens, karre en die president - sonder om 'n skoot te skiet - tussen Serfonteinstasie en Rooiwal deur is en voor die Engelse mag se oŽ verdwyn het in die rante rondom Vredefort.

Hulle het die perde laat rus en dag en nag gevoer en self ordentlik geŽet voordat hulle uit die dryfnet by Schoemansdrif oor die Vaal is op pad Wes-Transvaal toe.

Abraham de Villiers en president Paul Kruger het by Waterval-Onder soggens in die ysige Augustuswater van die Vaalrivier geswem en smiddae teen die koppies met hul verkykers die skermutselings om Vredefort dopgehou terwyl hulle houtgerus op Rhenosterpoort gekampeer het.

In daardie tyd was die enigste toegang tot die plaas 'n nou hekkie oor Stinkhoutboom, die plaas van Barend Cilliers.

Op Vredefort is etlike Tommiegrafte van soldate wat by Stinkhoutboom gesneuwel het.

'n Mens kan verstaan waarom Cilliers juis diť plek - vandag nog net so onbekombaar tussen klipperige koppies wat bakhand teen mekaar lÍ as destyds - as skuilplek aanbeveel het.

En met 'n klein mag die aandag afgelei het.

Die kommando's het etlike kere hierheen teruggekeer en dit was een van die hoofopgaar plekke van De Wet en Steyn.

Dit is ook Barend Cilliers wat saam met kommandante Bester en Mears deurgebreek het by die blok huislyn tussen Kroonstad en Lindley.

Hy is nie minder nie as vyf keer in die oorlog gewond.

Toe die finale dokument van die Engelse regering vir die vredesluiting uitgereik is, is drie mense uitgesonder wat vir oorlogsmisdade verhoor sou word. Barend Cilliers sou verhoor word vir die moord op ene kapt. Boyle. Lord Kitchener het vir genl. Louis Botha gesÍ die moorde wat gepleeg is, het baie opspraak in die oorsese pers veroorsaak en dat die beskuldigdes gestraf moet word.

Volgens Lucas Serfontein, ook van Kroonstad, het Cilliers onder genl. Philip Botha teruggery van Sprinkaansnek af.

Hulle het daarin geslaag om 'n Engelse patrollie van die hoofmag af te keer. Een Engelse offisier het geweier om oor te gee en aangehou skiet.

Volgens oorlewering het Cilliers met 'n skouer wond in die hospitaal in Kroonstad gelÍ en aan 'n verpleegster vertel die is Engelsman geskiet.

Sy het dit oorvertel en dit was skynbaar 'n bewys van die Boere se wreedaardigheid.

Die ander kant van die verhaal, volgens een van Cilliers se kleindogters, is dat Boyle gevang is en hy self daarop aangedring het dat hy voor 'n krygsraad verhoor moes word.

De Wet het Cilliers beveel om Boyle te skiet. Voordat hulle hom geskiet het, het hy begin huil en gevra of hy as laaste versoek 'n brief aan sy ouers kon skryf. NŠ sy dood het Cilliers die brief uit sy sak gehaal en dit nooit gelees nie.

Cilliers was in die hospitaal met sy skouer en het die brief aan een van die verpleegsters gegee om te pos.

Sy skouer sou geopereer word om sy arm te red nadat die Engelse sy skouer vergruis het.

Hy is egter net daarna in die tronk gestop en die doodstraf belowe oor die brief.

NŠ die vredesluiting is Cilliers verhoor en regter Hertzog het hom vrygespreek, omdat hy op bevel van 'n generaal die man geskiet het.

NŠ sy ontslag het Cilliers in Kroonstad se eerste bestuur van die Orangia-unie, die party wat nŠ die oorlog gestig is, gedien. Hy het in 1914 gerebelleer en is saam met De Wet en ander gevang en na Pretoria gebring waar hy tronkstraf uitgedien het. Dit is waar hy die bynaam af-arm gekry het.

In 1920 het hy provinsiale raadslid geword en daarna tot sy dood toe senator. Sy kleinkind, Tienie van Vuuren, sÍ haar oupa was met af-arm en al 'n dodelike skut en kon 'n motor met een hand bestuur.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte