Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Generaal J.P. (Kootjie) Snyman.Swakste Generaal.

    

Generaal J.P. (Kootjie) Snyman.

Swakste Boere Generaal in die Tweede Vryheidsoorlog.

En soos die toeval dit wou h was die talentlose Boere generaal J.P. (Kootjie) Snyman net die regte karikatuur om in te pas by hierdie Mafeking gekke spel. Hy was die vrot leier en 'n hardkoppige krygsman in die hele Boere geledere. Deur sy onnosele toedoen is talle van sy beste manskappe doodgeskiet, gewond of gevange geneem en het Mafeking, wat hy sewe maande lank doelloos beler het, deur sy vingers geglip.

N die ontsetting van Mafeking op 17 Mei 1900 is Snyman weens growwe pligsversuim sy rang ontneem en weens lafhartigheid op die slagveld tot tronkstraf gevonnis. N die val van Pretoria het hy die res van die oorlog op sy plaas gaan sit en tob.

21 Desember. 'n Patrollie van die Boere wat Mafeking aan die wesfront beler, vang twee swart mans wat uit die dorp gevlug het. Hulle vertel dat die swart mense in die dorp reeds leef van perde- en hondevleis en sprinkane. Vir die Long Tom kanon is hulle so bang dat die ene verklaar: "As die groot kanon skiet, wil ek in die aarde inkruip en bid ek aan die Here".

Hierdie mans kom ongedeerd daarvan af. Maar twee dae later, op 23 Desember, gee die diktatoriale generaal Kootjie Snyman in 'n krygsraad bevel dat almal wit of swart - wat Mafeking sou in- of uitgaan, doodgeskiet moet word. Snyman besef dit nie, maar dit is nog maar aan die begin van die probleme in die verhoudinge tussen die Boere en die swartes. Moeilikheid is op pad.

Maar die beleg van Mafeking gaan voort generaal Snyman l en wag dat majoor Robert Baden-Powell en sy Britte in die dorp met uithongering tot oorgawe gedwing sal word. Hy is besig om van Baden-Powell 'n held te maak.

Dit is asof die tye die burgers nader aan hulle God bring. Oukersaand 1899 stap Frikkie Badenhorst by Magersfontein langs die loopgrawe van die Lichtenburgers. Hy hoor 'n gebed opklink en sien 'n twintigtal burgers op hulle knie. Op verskeie plekke verder sing groepies geestelike liedere, en hy dink: "Nou weet ek waarom die oorlog moes kom: dit was omdat die Heer die mense op hul knie wou h ... So het die Here met alles 'n doel; ook met die wrede oorlog."

12 Mei. Ook by Mafeking in die weste is dit die Boere wat die slegste daarvan afkom. Moeg vir generaal Kootjie Snyman wat sit en niksdoen, organiseer kommandant Sarel Eloff volgens die wense van president Kruger 'n aanval op Mafeking. Die oggend van 12 Mei verower hy met 250 vrywilligers die fort van die British South African Police nadat hulle die Barolongstat in die weste aan die brand gesteek het.

Hulle neem 'n aantal krygsgevangenes, onder wie kolonel Hore. Vergeefs wag hulle egter op versterkings, en uiteindelik is dit Eloff wat met 107 makkers krygsgevange geneem word. Verontwaardiging oor Snyman se versuim om Eloff te gehelp het, loop hoog.

Op dieselfde dag, 12 Mei, val die siek veldkornet Lester Thring in Kroonstad as krygsgevangene in Britse hande. Thring wat homself as "an English-speaking Afrikander with an English name" bestempel, is een van die groep Engelssprekende burgers van die twee Republieke wat alles veil het vir die Boere saak. Thring, 'n Engelsman, is voor die oorlog deur die burgers tot veldkornet vir Kroonstad dorp verkies is. Generaal De Wet het Thring bestempel as een van sy gehoorsame offisiere - 'n man wat wye vertroue en respek geniet het.

Aan die ander kant het Engelssprekende burgers wat onder protes op kommando gegaan het, dit maar moeilik op kommando. Dr.Henry Taylor vertel: "They... led a wretched life in the Boer camp, forming a body apart, and having to listen from morning to night to the denunciations and curses freely levelled by the Boers against their Queen and country."

10 Mei. Om een-uur die oggend ontdek die terug vallende Pretoria-kommando buite Kroonstad tot hulle verbasing en teleurstelling dat byna al hulle agterryers in die nag weggeloop het. Waarom is dit so 'n terugslag?

Die swart of bruin agterryers is waardevolle handlangers op kommando. Dit is hulle taak om perde op te pas, water te gaan haal, vuurmaak goed te soek en vuur te maak. Op trek hou hulle die hand perde vas. Wanneer die burgers in geveg is, hou hulle die perde agter die naaste rantjie vas. Tussen 'n burger en sy agterryer is daar meestal 'n goeie verhouding, gebaseer op 'n paternalisme wat vir die agterryer aanvaarbaar is. Die getroue agterryer is gewoonlik iemand wat lank in sy werkgewer se diens is. Noudat die Pretoria burgers se agterryers die hasepad gekies het, sal hierdie take deur 'n reeds ontmoedigde groep burgers self gedoen moet word.

Vir die burgers is die pad lank en swaar, maar triomfantelik begin die Britse soldate al "We are marching to Pretoria" sing... Die oggend van 12 Mei verower hy met 250 vrywilligers die fort van die British South African Police nadat hulle die Barolongstat in die weste aan die brand gesteek het. ... boere se eie scorched earth

21 Desember. 'n Patrollie van die Boere wat Mafeking aan die wesfront beler, vang twee swart mans wat uit die dorp gevlug het. Hulle vertel dat die swart mense in die dorp reeds leef van perde- en hondevleis en sprinkane. Vir die Long Tom kanon is hulle so bang dat die ene verklaar: "As die groot kanon skiet, wil ek in die aarde inkruip en bid ek aan die Here".

Hierdie mans kom ongedeerd daarvan af. Maar twee dae later, op 23 Desember, gee die diktatoriale generaal Kootjie Snyman in 'n krygsraad bevel dat almal wit of swart - wat Mafeking sou in- of uitgaan, doodgeskiet moet word. Snyman besef dit nie, maar dit is nog maar aan die begin van die probleme in die verhoudinge tussen die Boere en die swartes. Moeilikheid is oppad.

Maar die beleg van Mafeking gaan voort generaal Snyman l en wag dat majoor Robert Baden-Powell en sy Britte in die dorp met uithongering tot oorgawe gedwing sal word. Hy is besig om van Baden-Powell 'n held te maak.

Dit is asof die tye die burgers nader aan hulle God bring. Oukersaand 1899 stap Frikkie Badenhorst by Magersfontein langs die loopgrawe van die Lichtenburgers. Hy hoor 'n gebed opklink en sien 'n twintigtal burgers op hulle knie. Op verskeie plekke verder sing groepies geestelike liedere, en hy dink: "Nou weet ek waarom die oorlog moes kom: dit was omdat die Heer die mense op hul knie wou h ... So het die Here met alles 'n doel; ook met die wrede oorlog."

Die Britse soldate ontvang op Kersdag sjokolade in blikkies met komplimente van koningin Victoria. Ook vir die boere word daar moeite gedoen. Dameskomitees uit die tuisdistrikte rel dat die krygers in die veld iets spesiaal.

'n Burger vertel: "Di Kersmre staan die gelaaide waens in die laers, elk met sy vrag bevattende al wat lekker is die rosyntjies, amandels, koek, tert, dadels, 'n blik jam en 'n pakkie sigarette."

Met die burgers gaan dit goed. 'n Aantal roemryke oorwinnings is immers pas agter die rug!

In die belerde Ladysmith hoop die Britte en die inwoners dat die Boere die gees van Kersfees sal eerbiedig. Maar die Boerekanonne bulder vir 'n oomblik, en dan is dit stil. Die bomme val in die kampe van die Natal Carbineers en die Imperial Light Horse, maar ontplof nie. Die bomme is nie met kruit gelaai nie, maar met Krismispoedings. Op die omhulsel het die Boere kanonniers uitgekerf: "With the Compliments of the Season." Maar dan, 26 Desember.

Tyd vir welwillendheid is daar nie meer nie, veral nie vir Majoor Baden-Powell in Mafeking nie.

Vroeg die oggend val hy vanuit Mafeking Platboomfort aan, net noord van die dorp. Die Boere in die fort word verras. Maar 'n Brandwag buite die fort merk betyds onraad en waarsku die Rustenburgers. Die aanvallers word verdryf. Baden-Powell betaal duur vir sy voortvarendheid.

N die geveg meng Boerekrygers en Britse soldate vryelik om die gewondes te help. Die Boere word aangegryp deur die uitroepe van een van die krygsgevangenes wat net by die lyk van sy broer sit en aanmekaar roep: "Oh, my dear brother!"

Kommandant-generaal Piet Joubert is woedend. As Snyman net in die rug van die aanvallers inbeweeg het, kon 'n kwart van Baden-Powell se troepe in Boerehande geval het. Verspeelde kanse gaan nie weer opduik nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte