Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Generaal A.M. Prinsloo.

 

Generaal A.M.Prinsloo.

Die leeuemoed wat sy hele lewe gekenmerk het, het genl De Wet op 'n keer van hom laat sÍ: "Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag!"

Daar is heelwat dapper Boere leiers van wie ons nie veel weet nie omdat hulle nie so bekend as genl Koos De la Rey of genl Christiaan de Wet was nie. Maar hulle het dieselfde tydperk van oorloŽ en politieke spanning beleef en verdien vandag nog ons erkenning. So 'n generaal is Antonie Michael Prinsloo wat op 11 Julie 1862 in Bloemfontein gebore is en op 26 November 1931 oorlede is. Sy vader en moeder het in Bloemfontein distrik geboer maar toe hy 'n jong seun was na Betlehem getrek waar hy ook mettertyd begin boer het.

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 ruk hy saam met die Betlehem kommando op waar sy leierskap hoedanighede spoedig opgemerk is sodat hy teen Februarie 1900 reeds tot kommandant van sy kommando bevorder is.

Prinsloo se ontluikende kalme onverskrokkenheid het spoedig vir hom verdere bekendheid meegebring. So is hy byvoorbeeld tydens die Britse aanslag op Colesberg in Maart 1900 in die lugpyp gewond. Desnieteenstaande was hy die laaste burger wat uitgejaag het, in die proses 'n medeburger op sy perd gelaai en daarna ook nog die Norvalspont-brug opgeblaas het.

Na verskeie ander heldhaftige optredes het hy tussen 1900 en 1901 die twee inval togte saam met genl CR de Wet in die Kaapkolonie onderneem. Hy kry sy generaalsrang in Julie 1901 toe hy bevelvoerder word van die Noordelike Vrystaatse kommando's.

Toe die oorlog in 1902 beŽindig is, was sy kommando van 1 100 manskappe die grootste enkele kommando in albei Boererepublieke.

NŠ die oorlog het Prinsloo hom mettertyd in die Bethlehem distrik gaan vestig waar hy in 1912 distrikskommandant geword het van die plaaslike kommando. In 1914 het hy as ondersteuner van Louis Botha eers geweier om deel te neem aan die Rebellie maar het darem later 'n ondersteuner van genl JBM Hertzog geword.

Gedurende 1929 tot 1930 het hy as stadsraadslid van Bethlehem gedien.

Terwyl hy op 26 November 1931 met boom planting besig was is hy deur 'n waansinnige vermoor en daarna met volle militÍre eerbewys in Bethlehem begrawe.

Die leeuemoed wat sy hele lewe gekenmerk het, het genl De Wet op 'n keer van hom laat sÍ: "Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag!"

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte