Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Generaal Wynand Malan.

Generaal Wynand Charl Malan.

DIT was gepas dat Wynand Charl Malan, 'n gebore Murraysburger, sy Boere-generaalsrang in die Anglo-Boereoorlog verkry het en wel met sy merkwaardige guerrillastryd in die Kaapkolonie.

Talle Kaapse Rebelle het onder sy manskappe getel en Malan se agting vir en vertroue in diť kolonialers was geen geheim nie. In sy oorlog herinneringe gee hy hoŽ eer aan hierdie gedissiplineerde, dapper en vernuftige stryders.

In sy biografie Oorlog avonture verklaar hy: ``Ek was met reg trots op hierdie dapper en betroubare seuns. Dit was nie nodig om hulle te leer om soldaat te wees nie. Vandag sluit hulle aan, mŰre storm hulle deur die vuur en oormŰre praat en handel hulle soos veterane . . . tot die dood toe was die Rebelle getrou!''

NŠ Malan se terugkeer van die Vrystaat, waar hy samesprekings gaan voer het met genl. Christiaan de Wet oor die verloop en verdere bestuur van die oorlog in die Kaapkolonie, ontmoet hy genl. Jan Smuts op Soetwater, Calvinia, waarskynlik in Desember 1901.

Malan word saam met kmdte. Van Deventer, Lategan en Manie Maritz tot die rang van veggeneraal bevorder. Die Kaapse Middellande word aan Malan toegeken as sy operasionele gebied, hoewel hy egter die Boland verkies het.

Hy het sonder versuim oor Williston in die rigting van Fraserburg getrek. Onder sy leier korps was die broers Pypers, Botha, Smith, van Reenen en regter Hugo. Die hoof kommando het bestaan uit genoemdes se kommando's, lede van die Theron Verkennings Korps (TVK) en tot 134 Kaapse Rebelle.

Malan se voorlaaste geveg op Uitspansfontein:

Terwyl Malan teen die einde van Januarie 1902 ten suide van Fraserburg was, vertrek 'n konvooi Britse waens van Beaufort-Wes stasie. Die minstens 63 waens getrek deur sowat 800 donkies was belaai met oorlogstuig en kos vir die Britse soldate op Fraserburg en noordwaarts.

Die drywers en vrag hanteerders was bruin transportryers van Beaufort-Wes. Hul roete was onder meer teen die moeilike Molteno-bergpas uit. Die beveiliging van hierdie grootse operasie was toegesÍ aan kol. Crabbe en sy berede kolonnes, met maj. Crafton en sy manskappe as die begeleiers. Teen 2 Februarie was die konvooi die berg uit.

Die volgende dag het sy verkenners Malan in kennis gestel van die aantog. Crabbe se berede kolonne was ver vooruit in die rigting van Fraserburg. Malan was ook op die hoogte met Crabbe se bewegings. Malan het die kontak tussen die twee magte beplan om die indruk te skep dat die konvooi nie van belang is nie, maar die kolonnes wat vťr van Uitspanfontein oornag het. Op die aand van 3 Februarie het hy sy laer met 'n berekende aantal manskappe verlaat en onder groot geheimhouding en volgehoue stilte kortpad gekies na die rustende konvooi. NŠ 9 nm. in die stikdonker het die geweervuur begin knetter. Dit het die menigte donkies, wat deur die vragwaens omkraal was, se ``blaasbalke'' geaktiveer. Malan skryf in sy herinneringe 'n magtiger, onharmoniese lawaai van so 'n leer skaar langore aan die balk, kan 'n mens jou nie voorstel nie. Dit het die soldate wat die laer moes bewaak, skoon van hul wysie gebring. Toe dit lig word op die oggend van 4 Februarie was die slag gelewer. Crafton en sy adjunk Byrnes het gesneuwel saam met 'n onbekende aantal manskappe. Gewondes het oral gelÍ.

Onder die Boere was daar slegs vier met geringe wonde. Meer as 250 Britte is in 'n kraal van hul wapens en toerusting gestroop. Malan het in Engels die verslae manne verduidelik dat Boere noodgedwonge so handel: Brittanje het rykdom en mag! Die Boererepubliek is verbrand en vertrap.

Die daaropvolgende geveg tussen Malan se 80 burgers en Crabbe se mag (met kanonne toegerus) het feitlik die heeldag van 4 Februarie geduur. Die dapperheid van die Boere was verstommend. Ou Tjalie, Malan se perd, het 'n koeŽl reg voor die kop gekry, maar dit is bo die harsings deur en in die middel van sy nek uit. Hy word onder hewige geweervuur deur manskappe regop gehou en gekalmeer. Hy het oorleef en Malan kon die oorlog op sy rug voortsit.

Ook Malan kom onder skoot. Hy is van voor geskiet. Die koeŽl het deur die linker heup en dwarsdeur die onderlyf gedring en agter aan die benede rugstring uitgegaan. Geen been gedeeltes of organe is beskadig nie.

Eddie Wilson, 'n Rebel van Cradock het digby die gewonde Malan stelling ingeneem en die vyand met volgehoue vuur weggehou. Eddie se perd is langs hom dodelik getref. Die Britte was so na aan hom dat die verbouereerde dier tussen hulle neergeval het. Eddie het die aanslag gestuit.

Nadat die konvooi se voorraad aan kommando's in die rigting van Calvinia uitgedeel is en Malan so herstel het dat hy gemakliker vervoer kon word, is die kommando voort na die Middellande.

Malan se laaste geveg by Beenelaagte: Die verswakte toestand van die kommando's se perde gee aanleiding tot aandraerige van die Aberdeense Rebelle dat vars perde verkry moes word. Sulke perde was in die hartjie van die verskanste Aberdeen. Kmdt. Carl van Heerden en J.A. Smit ken hulle tuisdorp haarfyn en lÍ sketse voor om aan te toon hoe om die perde te gaan haal. Malan weier, maar plaas die verantwoordelikheid op die onverskrokke van Heerden om die waagstuk met vrywilligers uit te voer. Altesame 24 perde word een stikdonker nag suksesvol uitgebring, maar Van Heerden (26) en John Londt sneuwel in die hart van hulle tuisdorp. Burger Coetzee sterf drie dae later aan sy wonde.

NŠ hierdie skermutseling het die vyand die lewe vir Malan en kmdt. Willem Fouchť ondraaglik gemaak. Hulle trek oos-waarts. Op 27 Mei 1902 in die distrik Somerset-oos in die omgewing van Sheldon stasie op die Port Elizabeth-Cradock-trajek word Malan se kommando deur 'n Britse kolonne ingehaal. In die nabyheid van die plaas Beenelaagte stel Malan sy hinderlaag op. Hy doen dit met krygskundige insig wat kenmerkend van sy loopbaan op 28 jarige leeftyd was. Maar skielik kry Malan 'n koeŽl onder die hart deur, en hy sak inmekaar. Sy laaste bevel as Boere stryder: ``Roep die kÍrels terug!'' Die stryd word gestaak toe die son sak. Malan word in 'n kombers toegedraai en na die plaashuis geneem waar sy geskokte kommando van hom afskeid neem.

'n Hoflike Britse dokter pas noodhulp toe. Hy is verstom dat die pasiŽnt hoegenaamd nog leef. Die koeŽl is van voor rakelings by die hart verby sonder merkbare skade aan are and longe, agter langs die ruggraat uit sonder skade aan die werwels.

Aan kommando lid Piet Naudť sÍ die dokter: ``This is one of the wonders of the war!'' Ook 'n Britse generaal kom gee Malan 'n handdruk. Op 28 Mei, nŠ verskeie inspuitings om pyn te verlig, word hy na Sheldon-stasie vervoer. Onderweg na Noupoort word hy op Cradock in die kompartement deur dr. De Wet besoek wat skerts: ``Ek kom net kyk of die Engelse jou goed behandel.'' Vier dae nŠ sy aankoms op Noupoort verneem hy dat vrede gesluit is. Hy het merkwaardig herstel en is in 1953 in Tanganjika (nou TanzaniŽ) oorlede.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte