Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Generaal. Paul Hendrik Roux.

  

Generaal Paul Hendrik Roux.

Genl. ds. Paul Hendrik Roux (Hopetown, 28 September 1862 - Beaufort-Wes, 8 Junie 1911) was ín predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ín krygsman in die Anglo-Boereoorlog.
Terwyl Dirk Hendrik Roux van die Paarl en sy eggenote, gebore Wiid, op Hopetown op besoek was, is hul oudste seun, Paul Hendrik, gebore. Hy dra die naam van die stamvader, Paul Roux, wat in 1688 as een van die Hugenote in die Kaap aan wal gestap het en baie jare lank die welbekende sieketrooster, onderwyser en voorleser van die Hugenote-gemeente in Drakenstein was, die latere NG gemeente Paarl. Ds. Roux se moeder - van Deense afkoms - was die ma van 15 kinders.

Vrystaatse predikant.

NŠ sy terugkeer uit Europa was hy ín rukkie hulpprediker in die NG gemeente Johannesburg. In Februarie 1891 is hy na die Oranje-Vrystaat waar hy agtereenvolgens predikant was van die gemeentes Vredefort (1891-í97) en Senekal (1897-1905). Kort nadat hy op Vredefort bevestig is, het hy getrou met mej. Hettie Eksteen van die Paarl - ín knap, toegewyde vrou, wat in latere jare veral bekend was as die ywerige sekretaresse van die Kaaplandse Helpmekaar. Reeds in sy eerste gemeente het daar onder sy kragtige prediking en siel deursoekende huisbesoek, ín geestelike herlewing ingetree. Sy agtjarige verblyf in die gemeente Senekal was egter die belangrikste en vrugbaarste van sy hele bediening. Deur sy besliste optrede en onpartydige regsbesef het hy die heersende kerklike en politieke verskille besleg en eenheid en versoening bewerkstellig. Geestelike doodsheid het plek gemaak vir geestelike opwekking, wat sy hoogtepunt bereik het met die Pinksterfees van 1898. In hierdie tyd is hy in antwoord op die gebed van dr. Andrew Murray van ín ernstige keel kwaal genees.

Anglo-Boereoorlog.


Ongelukkig het die Tweede Vryheidsoorlog kort daarna uitgebreek en ín onverwagte einde aan sy idealistiese voornemens gemaak. Hy het hom geroepe gevoel om die burgers van Senekal na die front te vergesel as veldprediker en later, toe hy besluit om aan die oorlog deel te neem as soldaat, het pres. M.T. Steyn hom as veggeneraal aangestel. Op militÍre gebied was hy ín onverskrokke leier, iemand wat vinnig kon dink en optree. Hy het ook onverbiddelik aangedring op dissipline en onvoorwaardelike gehoorsaamheid. Sy militÍre loopbaan, so belowend, is binne ín jaar beŽindig toe hy deur die vyand krygsgevangene geneem is. Die kommando van genl. Prinsloo, waaronder genl. Roux hom ook bevind het, is naby die dorp Fouriesburg deur die vyand vasgekeer, waarop genl. Prinsloo, sonder genl. Roux se medewete, met die vyand onderhandel en sy kommando uitgelewer het aan genl. Hunter. Genl. Roux kon nog ontsnap het, maar hy dit sy plig geag om al wat dit bitter teen sy sin, die bevele van sy senior, genl. Prinsloo, te gehoorsaam en die leed van die krygsgevangenes te deel. Tydens sy maande lange ballingskap op Ceylon het hy hom, ondanks groot persoonlike opofferings, onderskei as ín siel sorger en kampvegter vir die regte van die verdrukte ballinge. Omdat hy uitgeblink het as ín Boere leier, was dit geen wonder nie dat leiers soos genl. J.B.M. Hertzog en pres. M.T. Steyn met sy dood telegramme van deelneming gestuur het en die kerk- en volksman dr. J.D. Kestell hom so so hoog geroem het op die begrafnis nie.

In 1900 word hy in die Vrystaat gevange geneem en na Ceylon gestuur waar hy tot ín geruime tyd na die vrede in ballingskap was. Hy keer terug na Senekal om uit die as van die oorlog verwoesting op tydelike en geestelike gebied ín nuwe gemeente op te bou. Met geloof moed en deursettingsvermoŽ het hy ín begin hiermee gemaak.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte