Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Generaal Ben Bouwer.

 

Generaal Barend DaniŽl (Ben) Bouwer.


EEN van die gewildste Boere generaals wat die Anglo-Boere Oorlog end-uit geveg het en in 1938 oorlede is, genl. Barend DaniŽl (Ben) Bouwer, is een van verskeie Boere krygsmanne wat in die Maitland begraafplaas begrawe lÍ.

In die Jameson inval van einde 1895 in die Zuid-Afrikaansche Republiek, die voorspel tot die ABO, het Bouwer en die latere baas-verkenner Danie Theron, 'n brief van sir Jacobus de Wet (die Britse agent), saam met 'n bevel van sir Hercules Robinson, HoŽ Kommissaris aan die Kaap, aan die oprukkende Jameson in die veld oorhandig. Jameson is daarin gelas om die inval voorneme te staak.

NŠ die ABO het Bouwer hom by die Unie Verdedigingsmag aangesluit en die rang brigade-generaal beklee.

Hy is op 23 November 1938, nŠ 'n baie avontuurlike lewe, op 63-jarige ouderdom in sy woning in Kamp Straat, Kaapstad, oorlede. Die huis bestaan nie meer nie.

Op sy grafsteen in Maitland is gegraveer: `` 'n Dappere held in die stryd. Altyd wakker en opgeruimd. Altyd met 'n glimlag bereid. In huislike kring die teerhartige. Selfs in sy laaste lyding.''

Barend DaniŽl (Ben) Bouwer is op 31 Januarie 1875 op die Dorsland trek na Damara land gebore.

Op sestienjarige leeftyd het hy reeds 'n daadwerklike aandeel aan een van die Transvaalse oorloŽ geneem en daarna was sy militÍre loopbaan deur 'n reeks avonture gekenmerk.

Oor sy jeugjare het hy eenmaal in 'n onderhoud gesÍ sy vader was 'n olifantjagter en hy het Selous, die bekende jagter, in die kuns ingelei. ``Hy het vir hom die eerste wilde olifant gewys.'' Wat waarskynlik 'n rekord vir alle tye sal bly, is die 103 olifante wat sy vader, Pieter Maritz Botha, Jan van Zyl en 'n helper op een dag in die omgewing van Ghanzi (in die huidige Botswana) geskiet het.

Die gesin het hulle in Angola gevestig. Bouwer het sy eerste skoolonderrig in Mocamedes deur medium van Portugees ontvang. Met al sy omswerwinge tydens sy kinderjare het hy ook 'n Boesman dialek aangeleer. Dit was benewens verskeie swart Afrika tale. Met Engels het hy eers op 'n latere leeftyd in Pretoria kennis gemaak.

Op negentienjarige leeftyd, nadat hy reeds aan twee oorloŽ deelgeneem het, was hy tydens pres. Paul Kruger se bewind in diens van kmdt.genl. Piet Joubert se kantoor in Transvaal.

Oor die Jameson aangeleentheid het Bouwer gesÍ dit was as seun al vir hom duidelik dat dr. Jameson se voornemens tot mislukking gedoem was, aangesien hy onderweg na Jameson deurgaans verneem het van die vasberade houding van die burgers teen wie Jameson te staan sou kom.

Toe laasgenoemde hom meegedeel het dat hy nie van sy voorneme sou afsien nie, het Ben Bouwer ewe kalm en beleefd versoek dat hy sy antwoord op skrif moet stel.

Met die latere verhoor van Jameson deur 'n Britse hof in Londen was die jong Bouwer 'n getuie. Hy het geweier om sy getuienis in Engels voor die hof af te lÍ. Eindelik, nŠ veel moeite, is 'n geskikte tolk gevind en het Bouwer getuig.

Hierdie insident het heelwat opspraak in die pers gewek. Die Nieuwe Rotterdamse Courant het hom met sy standvastigheid gelukgewens, daar die jong Bouwer wel in staat was om Engels te praat, maar, soos hy verklaar het, sy eie taal verkies het.

Met die uitbreek van Anglo-Boere Oorlog is Bouwer met die Ermelo kommando na Natal, waar hy onder meer aan die slag van Colenso en Spioenkop deelgeneem het. Hy het aan die afweer stryd teen die noordwaarts oprukkend hoofmag van Lord Roberts deelgeneem.

NŠ die val van Pretoria het hy die veldslae by Donkerhoek en Dalmanutha meegemaak. In September 1900 is hy met die rang van veldkornet aangestel as tweede in bevel van pres. M.T. Steyn se geleide deur die Transvaalse Bosveld. Daarna het hy hom by die westelike strydmag onder genl. Koos de la Rey gevoeg en aan verskeie suksesvolle kryg operasie deelgeneem.

In Mei 1901 het hy Smuts na 'n konferensie van die regerings van die twee republieke by Standerton vergesel. Met die terugtog is hy naby Heidelberg gewond.

Begin Augustus 1901 het hy as kommandant onder genl Jan Smuts deelgeneem aan 'n inval in die Kaap Kolonie.

Oos van Aliwal-Noord het hulle die Oranjerivier oorgesteek.

Op 17 September 1901 het hulle `n afdeling van die 17th Lancers oorrompel. Die onderneming is voortgesit deur die Kaapse Middelland tot naby Port Elizabeth, toe weswaarts te midde van voortdurende skermutselinge, totdat die omgewing van Calvinia teen begin van November bereik is.

Genl. Smuts het daar die Boeremagte in die Kaap Kolonie gereorganiseer, en Bouwer is tot veggeneraal bevorder oor 'n aantal kommando's wat in die noordwestelike distrikte opgetree het.

Bouwer het in April/Mei 1902 aan die beleg van Okiep deelgeneem. NŠ die beŽindiging van vyandelikhede het hy na Transvaal teruggekeer. Hy is in 1912 na die Unie Verdedigingsmag oorgeplaas en het as majoor op De Aar en Graaff- Reinet gedien.

Tydens die Eerste WÍreldoorlog in 1914 het hy genl. Manie Maritz probeer oorreed om die stryd teen die regeringsmagte te staak en is aanvanklik deur Maritz aangehou, maar later vrygelaat.

Daarna het hy met die rang van kolonel deelgeneem aan die veldtog in Duit Wes (nou NamibiŽ) .

In die verdedigingsmag het hy in verskeie militÍre distrikte die bevel gevoer en sedert 1923 onder meer diens verrig op Potchefstroom, in Pretoria en Oos-Londen.

Bouwer het in 1929 bevelvoerende offisier van die Kaapse kommandement geword. Hy het in 1931 afgetree met die rang van brigadier-generaal.

Twee jaar voordat hy die ouderdom grens bereik het, is hy sonder voorafgaande waarskuwing deur die destydse weermag gelas om met pensioen af te tree vermoedelik weens sy sterk pro-Afrikaner gevoelens.

NŠ sy uittrede uit die militÍre diens tot sy dood was hy lid van die (destydse) Film Sensorraad.

''Genl. Bouwer was 'n goeie krygsman, 'n taktvolle aanvoerder, beslis in sy optrede, dog minsaam en vriendelik, altyd baie opreg met 'n besonder sterk ontwikkelde gevoel van regverdigheid.

``Hy was aangenaam met almal, opgeruimd van aard en trou aan sy volk. Hy het 'n warm plek in alle Afrikaner harte verwerf,'' luidens die huldeblyk wat nŠ sy dood in Die Burger verskyn het.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte