Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Kaptein Jopie Fourie.

   

Kaptein Josepf Johannes Fourie.

Jopie Fourie is op 28 Augustus 1878 op die plaas Hartebeesspruit gebore, in die distrik Pretoria.  Hy was dus ten tye van sy dood 36 jaar oud.  Hy het aanvanklik die plaasskool te Wildebeeshoek besoek en daarna die skool van die heer Louis te Pretoria.  Hy was ook nog in een of meer ander skole in die stad, totdat hy in 1893 saam met generaal Joubert se seun en n paar ander Transvalers na Grey College in Bloemfontein gestuur is.   Hier het Jopie drie jaar lank ywerig studeer en hom as n goeie leerling onderskei. Hy het later ook n tyd lank sy studies te Stellenbosch gaan voortsit.  Met die Jameson-inval het hy na Pretoria teruggekeer en deel gehad aan Jameson se oorgawe by Doornkop.

Terug in Pretoria, word hy aangestel in die kantoor van die Ouditeur-generaal, waar hy as amptenaar werksaam was totdat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het.  Daarna is Fourie aangestel as rapportryer op generaal Joubert se personeel.  Hy het in hierdie hoedanigheid die Natalse veldtog meegemaak en hom in menige geveg weens sy onverskrokkenheid en kalmte onderskei.  Op sy jeugdige ouderdom het hy toe al reeds n merkwaardige invloed op sy medeburgers uitgeoefen.  In sy kommando was dit later vanselfsprekend dat wanneer daar iemand nodig was om n paar manne in die uitvoering van n buitengewone diens te lei, of dit nou in die dag of die nag, in ren of sonskyn was, dan was Jopie Fourie sonder uitsondering die man daarvoor.

Na die inname van Pretoria is hy vir besondere rapportdiens in die afdeling van advokaat Ewald Esselen  na die weste gestuur, maar hy het spoedig agter die Magaliesberg teruggekeer en as kommandant weer by sy kommando aangesluit en na die hoveld vertrek.  Daarna sluit hy aan by sy oom, kommandant Willem Pretorius, van die Wyk Hoveld, Heidelberg.

In n skermutseling noord van Pretoria, word hy in die been gewond en gevange geneem.  Die operasie  -  eintlik twee of drie  -  wat daarna in die hospitaal plaasgevind het, word deur sy intieme vriende beskryf as van n besonder pynlike aard te wees. Hy het daarna half mank geloop. Hy het later vertel dat toe hy daar in die hospitaal as gewonde gevangene gel het, het n Engelse offisier hom met die kolf van sy rewolwer geslaan en verwond.  Dit het sy afkeer in die Engelse nasie versterk.

Na die Oorlog het kommandant Fourie op sy plaas te Wildebeeshoek geboer. Die moeilike jare daarna tot 1910 het verbygegaan en die vier Suid-Afrikaanse state het verenig in die Unie van Suid-Afrika, met generaal Louis Botha as eerste minister en generaal Jan Smuts as sy minister van verdediging, wat volkome in beheer van die weermag was. Kommandant Joseph Fourie is aangestel as Kaptein van die Noordelike Berede Skutters (13th Mounted Rifles) en sy broer, Johannes Petrus, as Luitenant hiervan.

In hierdie nuwe hoedanigheid was Jopie Fourie van plan om sy vaderland in sy nuwe vorm te dien, maar die regering se houding teenoor die aartsvyand, Engeland, het hom nie aangestaan nie.  Toe die Eerste Wreldoorlog in 1914 uitbreek, was die atmosfeer in die land al klaar weer pure Brits.  n Voorval op 10 Oktober 1914 het daartoe bygedra dat Fourie se afkeer in die Engelse oorgekook het en generaal Botha se deelname aan die Oorlog aan Engelse kant, vir hom onvergeeflik was.

Jopie Fourie en sy vriend en buurman, Oswald Teichmann, was saam in die stad op 10 Oktober.  Hulle was albei van plan om dieselfde aand na hulle plase terug te keer, toe die weer opsteek en hulle laat besluit om oor te bly tot die volgende mre.  Daardie middag het hulle verneem dat president Kruger se verjaarsdag di aand met n funksie in die Operagebou herdenk sou word.  Fourie was egter geklee in n rybroek en baadjie, wat na sy mening nie deftig genoeg was vir bywoning van hierdie besondere funksie nie en het daarom n beskeie plek op die galery gaan inneem, waar hy gemeen het dat hy nie opgemerk sou word nie.  Buiten hy en sy vriende, was hier egter n groot aantal ongewenste persone teenwoordig, wat van plan was om die verrigtinge in die war te stuur.

Toe daar n sangkoor op die verhoog optree, begin hierdie bende allerlei straatliedjes te sing.  Fourie het op die been gekom en hulle in Engels aangespreek en gevra om tog respek te toon vir die geleentheid wat die Afrikaners besig was om hier te herdenk. Indien hulle nie na generaal Beyers wou luister nie, kon hulle gerus die saal verlaat. Nog nooit in die verlede het Afrikaners uit hul pad gegaan om deur stuitlike demonstrasies n fees van die Engelse ingesetenes te ontwrig nie en sal dit ook nooit doen nie.  Hy doen n beroep op hulle om hul laakbare gedrag te staak. In die guns van die Engelssprekendes moet hier vermeld word dat n paar van hulle daarna opgestaan het om Fourie te ondersteun.  Hulle het die onordelikes betig en gevra dat hulle hul tog as gentlemen moes gedra.

Die lawaai het nie opgehou nie.  Die onwelkom element was blykbaar daar met net n doel voor o, naamlik om die suksesvolle verloop van die verrigtinge te versteur.  Hulle het daarin geslaag.

Die volgende mre het Fourie na n vriend in Gezina gery en aan hom ges dat die gebeure van die vorige aand duidelik aantoon dat sommige mense nog steeds daarop uit was om die Afrikaner te vertrap, en so sal dit bly.  Alles wat ek jare lank al vergeet het en alles wat ek ernstig probeer het om te vergeet en te vergewe, dit pomp vandag weer onkeerbaar deur my bloed! het hy ges.

Vanaf daardie aand in die Operagebou het Joseph Fourie n rebel geword.

Die teregstelling en dood van Jopie Fourie.

Toe die Afrikaners in 1914 in opstand kom teen Louis Botha se deelname aan die Europese oorlog aan Engelse kant, het kaptein Joseph Johannes Fourie en sy jonger broer, luitenant  Johannes Petrus Fourie, by die rebelle aangesluit.  Kort daarna is hulle egter op 16 Desember 1914 saam met 43 ander rebelle op die plaas Nooitgedacht, noordwes van Pretoria, tydens n skermutseling met die regeringsmagte gevange geneem en na Pretoria gebring, waar hulle voor n algemene veldkrygsraad op 18 en 19 Desember tereggestaan het op die aanklag van verraad, want die twee offisiere was in regeringsdiens, waarteen hulle nou in opstand gekom het.

Tydens die sitting van die krygsraad het Jopie sy saak verdedig deur die redes aan te toon waarom hy in opstand gekom en gerebelleer het.  Hy het onder andere ook die voorval van 10 Oktober genoem en ges:  As dit Britse gelykheid is, dan wil ek nie daaronder leef nie.  Dan is dit vir my n groter eer om hier as gevangene te staan, as om n offisier in die Engelse leer te wees. Hy het met nadruk verklaar:  Wat ek gedoen het, is met oop o en uit eie vrye oortuiging. Wat my broer betref, wil ek meedeel dat sy doen en late onder my invloed plaasgevind het.  Hy het my bevele en instruksies uitgevoer en daarom vra ek dat die hof in aanmerking moet neem dat hy nog jonk is.  Hy is my jongste broer en hy glo in my.  Ek is nie van plan om die hof om genade te smeek nie.  Die genade van my God wat my gelei het is vir my genoeg.  Maar ek vra net dat die manskappe wat onder my gedien het, genadig behandel sal word.  Hulle was sterk onder my invloed.

Die hof het verklaar dat hy die vonnis sal oorweeg.

Daardie Saterdag is verskeie versoekskrifte in die stad rondgestuur, waarin gevra word dat indien die doodvonnis oor die twee Fourie-broers uitgespreek word, dit nie voltrek moet word nie. n Afvaardiging is saamgestel om dit aan die Minister van Verdediging te oorhandig, naamlik dr DF Malan, ds C Neethling, ds HS Bosman, Jan (genl) Joubert, dr AE Grunberger en dr Gey van Pittius.  Hulle het verneem dat generaal Smuts  nie meer op Pretoria was nie, maar op sy plaas te Irene.  Die afvaardiging het skriftelike toestemming van kommissaris Truter verkry om na Irene te gaan.

Toe hulle by die plaas van generaal Smuts aankom, het n vroulike bediende hulle meegedeel dat die Generaal gaan wandel het, en dat hulle nie weet waar hy was, of wanneer hy sou terugkeer nie.  Die afvaardiging het besluit om te wag.  Nadat hulle omtrent n halfuur daar gesit het, het daar n motorvoertuig agter die huis opgedaag en n oomblik later is aan hulle meegedeel dat die Generaal haastiglik deur die Verdedigingsdepartement na Pretoria ontbied is en dat die motor hom kom haal het.

Die afvaardiging is toe na Pretoria terug.  Hulle besluit toe dat dr Malan, ds HS Bosman en ds Neethling die versoekskrifte aan generaal Smuts persoonlik moet oorhandig, maar hulle het nie daarin geslaag om n onderhoud met hom te rel nie.

Om 10 uur verneem hulle dat die doodvonnis wat oor kommandant Fourie uitgespreek is, bekragtig is.  Die versoekskrifte is toe aan luitenant Louis Esselen oorhandig, wat beloof het om dit aan generaal Smuts voor te l.  Luitenant Esselen slaag daarin om telefonies met generaal Smuts kontak te maak.  Die Minister se antwoord aan Esselen was dat die versoekskrifte die volgende mre (Sondag) om 10 uur aan hom oorhandig kon word.  Die volgende mre was dit nie meer nodig nie, want die doodvonnis was toe al voltrek.

Daar was ook twee vroue wat feitlik die hele dag lank vergeefse pogings aangewend het om n onderhoud met generaal Smuts te verkry.  Mevrou Joubert, weduwee van generaal Piet Joubert, en kommandant Fourie se ou moeder, het die Saterdagmiddag ure lank in n motor rondgery om na hom te soek, maar kon hom nie opspoor ne.

Kaptein Fourie is Saterdagaand om 9 uur in sy sel in die aanklagtekantoor in kennis gestel dat hy ter dood veroordeel is. Die beampte wat die kennisgewing aan hom besorg het, het Fourie aan die slaap gevind.  Nadat Fourie wakker geword het, is hy hierdie woorde toegevoeg:  Joseph Fourie, you are to be shot to-morrow morning at daybreak.

Daardie nag het ds Neethling van Eloffsdal vir Jopie onderskraag.  Hulle is om 12 uur  na die plaaslike gevangenis oorgeplaas.  Die sipier het op Jopie se versoek aan hom n tafel en papier verskaf om te kan skryf. Hy het die hele nag al biddende, skrywende en pratende deurgebring.  Hy het verskeie briewe aan sy ouers, sy vrou en ander familie geskryf  Een van di aan sy vrou  lui as volg:  Aan my dierbare vrou, Susanna Fourie, van haar ou Jopie. Vertrou op die Here, van ganse harte! God sal met ons wees tot ons mekaar weer sien, geliefde!  Troos jou daaraan dat Jesus my Leidsman is.  Hy gaan my vandag vergesel na sy Vaderhuis.  Daar is nou net tien manne hier verby om my af te sien na Gods huis.  Dag geliefde, ek gaan huis toe. Jopie.

Dit was kwart oor vyf toe daar bevele van buite af opklink. Toe hulle uitstap, s Fourie aan ds Neethling: Hulle moet my tog nie in my gesig skiet nie. Ek het n groot Afrikanerhart, met genoeg plek om in te skiet.  Toe hulle aan die agterkant van die tronk aankom waar die vonnis voltrek sou word, gaan Fourie op die stoel sit, bind die blinddoek om sy o en begin met n vaste stem te sing: Als wij de doodsvallei betreen, laat ons elk aardse vriend alleen... Toe die laaste woorde daarvan wegsterf, val die skote en Fourie was nie meer nie.

In die verslag wat die Verdedigingsmag aan die pers uitgereik is, word gemeld dat Jopie se broer luitenant Johannes Fourie, begenadig is en sy vonnis verander is na 5 jaar gevangenisstraf met harde arbeid, dat kaptein Josepf Johannes Fourie se doodvonnis vanmre, die 20e deser, om 5 uur voltrek is in die gevangenis te Pretoria.  Die peleton wat die teregstelling uitgevoer het, het uit 12 man bestaan en die dood was oombliklik.  Die oorlede offisier het sy dood met kalmte en sielskrag tegemoet gegaan.

Moontlik het eerste-minister Louis Botha se gewete hom oor Jopie Fourie gekwel tot sy eie dood in 1919, maar minister van verdediging, Jan Smuts, wat Jopie se dood beveel het, het blykbaar tot sy eie dood in 1950, nooit aan enige gewetenswroeging daaroor gely nie.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte