Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Generaal Abraham Izaak de Villiers.

Generaal Abraham Izaak de Villiers.

Generaal Abraham Izaak de Villiers was 'n getoŽ Lichtenburger. Abram, soos hy bekend was, se volle name was Hermanus Abraham Izaak Jacobus Bosman de Villiers en is gebore op 1 November 1855, moontlik op Hopetown waar sy pa 'n veeboer en landbouer was.

As jong seun het hulle na Lichtenburg verhuis, waar sy pa moontlik 'n medeondertekenaar was van petisie vir dorpstigring in 1865. Hy self het hom vroeg as leier onderskei en in 1886 dien hy op die eerste skoolkommissie in Lichtenburg, terwyl hy in dieselfde jaar op die boukomitee van die eerste N.G.pastorie dien. In 1889 dien hy op die boukommissie van die Klipkerk wat in 1891 ingewy is. Hy was ook in ongeveer 1898 die boumeester van die eerste goewermentskool wat op die hoek van Scholtzstraat en Krigelaan geleŽ was (wes van Beares). Hierdie skool was pas voltooi toe die oorlog uitbreek en dit is toe as hospitaal ingerig.

Op 29 Mei 1900 is genl.A.I. de Villiers by Bidduphsberg in die kop gewond, en onder die wit vlag na Bloemfontein geneem vir behandeling. Die dokters het gemeen dat dit te gevaarlik is om die koeŽl te verwyder, en het hy op 16 Oktober 1900 aan sy wonde beswyk.

Sy pa, Abram (Snr), is in 1892 oorlede, en sy ma in 1898, albei in Lichtenburg.Sy broer, Petrus Johannes de Villiers, was 'n generaal in die Vrystaatse magte tydens die oorlog. Hierdie broer se een seun het ook op 'n stadium na Lichtenburg verhuis, waar sy twee dogters getroud en sy jongste seun gedoop is.

Beatrix, jongste suster van Abram (jnr), is op 21 Augustus 1884 in Lichtenburg met Jan Harm Huizer gertoud, die pa van 'n ander bekende Lichtenburger, wyle oom Piet Huyser.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte